Die draf- en fietsryroete langs die Eersterivier word Koloniesland genoem. Wat is koloniesland en hoekom die naam?
Die kort antwoord is dat ‘colonies lant’ (soos dit destyds gespel is) dieselfde beteken as ‘openbare grond’ of ‘staatsgrond’.
Die loop van die Eersterivier
Stellenbosch se eerste munisipaliteit of uitvoerende gesag was die Landdros en heemrade (heem-raad = home council). Hul was verantwoordelik om die algemene orde en welstand van die klein nedersetting te verseker .
Een van die verpligtinge van die vroeë munisipaliteit was om die vloei van die Eersterivier te monitor en te beheer. Die rivier het dikwels in die wintermaande oorstroom.
In 1737 is daar besluit om die droeë rivierloop (die 'droogerivier') wat naby die Coetzenburg opstal verbyloop, op te ruim sodat die rivier sy vloei kan verminder. Die plaas Coetzenburg was op hierdie stadium aan beide kante van die Eersterivier. Soos ek dit verstaan het hierdie droogerivier later die dorp se meulsloot geword.
Coetzenburg verruil grond
Mev Coetse, die vrou van Gerrit Coetse wat die eienaar van Coetsenburg was, was nie baie gelukkig dat 'n deel van die meulsloot oor hul plaas loop nie. Sy het 'n klagte ingedien by die landdros en heemrade (in 'n notule van 1750). Sy wou eerder daardie grond vir wingerd gebruik.
Om vrede te herstel het haar man Gerrit Coetse aangebied om die stuk grond aan die munisipaliteit te verruil vir 60 morg grond by Paardeberg.
Die saak is beklink en in 1753 is die meulslootgrond uitgemaak aan die dorp - d.w.s aan die "Colonie van Stellenbosch". Omdat die titel aktes op hierdie naam getransporteer is het dit mettertyd bekend geword as koloniesland.
Waar was 'colonies lant'?
Op die onderste kaart kan mens sien waar koloniesland destyds was - die blou gedeelte is koloniesland en die groen die drostdykompleks.
Die stuk grond begin waar die meulsloot uit die eersterivier kom, en dan tot by die Drostdy se tuin strek. In die afgelope paar jaar is daar redelike omstredenheid oor hierdie stuk grond.
Die Coetzenburg bruggie by die klein Laan is waar die wagenweg na Coetzenburg oorspronklik geloop het (daar was 'n drif deur die rivier vir die waens).
Waarvandaan is Minserie straat?
Die Menagerie was waar die landdros se hoenderhokke, konynhok en koeistal was. Daar was 'n privaat pad tussen die menagerie en die drostdy wat met eikebome uitgeplant is, vandag Die Laan, en historici meen dat "Minserie straat" 'n verbuiging is van die woord Menagerie.
Word Origin and History for menagerie: n."collection of wild animals kept in captivity," 1712, from French ménagerie "housing for domestic animals" (16c.), from Old French manage (see menage).
Koloniesland vandag
Vandag word die kolonieslandgrond hoofsaaklik gebruik vir Boland Kollege se koshuis. Die kollege was, soos ek in 'n vorige blogverduidelik het, voorheen die Denneoord Opleidingskollege.
Die Stellenbosch trail fund het onlangs die draf- en staproetes opgeknap in hierdie omgewing. Hulle skryf:
The Koloniesland trails are our latest addition to our Trail Network and is located along the pristine Eersteriver. It starts at the top of Noordwal Oos and can also be accessed via Jannasch Rd.
Artikel en kaart, Y Coetsee 2017
Bronne: Stellenbosch Drie eeue (1979)
https://www.facebook.com/stellenboschtrailfund/