Het jy geweet ons gebruik baie Hollandse KhoiSan plekname in ons alledaagse lewe? Namaqua, Obikwa en Outeniqua is voorbeelde daarvan. Lees onder vir nog 6 name wat al ten minste sedert 1727 in gebruik is (vanaf die kaart uit 'n boek van Peter Kolbe - 1727).
NAMAQUA – plekname met “-qua” agterna (soos namaqua) dui aan watter gemeenskap in daardie area gewoon het (die agtervoegsel "-qua/-kwa" beteken “MENSE/PEOPLE”). Die Nama was die grootste van die Khoekhoe gemeenskappe en het rondom die Oranjerivier gewoon asook in Namibië. Hul was tradisioneel veeboere terwyl die San meestal jagter-versamelaars was. Vandag is Namakwaland bekend vir sy blomme tussen laat Julie en Oktober sowel as vir die bekende Namaqua bokswyn. HOUTENIQUA/OUTENIQUA - volgens die 1727 kaart het die Houteniqua mense langs die Suidkus gewoon, min of meer waar die tuinroete vandag is. Meeste Suid-Afrikaners is bekend met die Outeniqua berge of die Outeniqua hiking trail. Volgens sommige bronne beteken die naam Outeniqua "they who bear honey". SONQUAS - die naam Sonqua word nie meer so baie gebruik nie, maar in die militêre geskiedenis was Sonquasdrif (in die Bergrivier) 'n plek waar heelwat skermutselinge plaasgevind het tussen die San, die Afrikaanse burghers en die Engelse (in die 1600's). Nadat Willem Adriaan van der Stel die Tulbagh area vir ontwikkeling geëis het (die Land van Waveren) is 'n plaas met die naam Sonquasdrift daar gevestig (lees die storie hier). OBIQUA - "Obikwa" is vandag een van Distell se bekendste wyne. Volgens die 1727 kaart het die Obiqua gemeenskap in die omgewing van Oudshoorn gewoon. Ek is nie seker of die naam daarvanaf kom nie, maar die volstruis logo op die Obikwa wynbottel is dalk 'n leidraad. HESSEKWA - Hessequa is vandag die naam van 'n plaaslike Munisipaliteit tussen die laer Breederivier en die Gouritsrivier. Dit is in hierdie omgewing waar die bekende blombosgrotte is. Die naam Hessequa beteken blykbaar "people of the trees". COCHOQUAS - Ek het vir die eerste keer gehoor van die Cochoqua mense in 2016 tydens die Anna Basson trailrun series. Die Cochoqua mense was blykbaar een van die grootste en rykste Khoi gemeenskappe in die Bergrivier en Drakenstein vallei. Hul leier, Gonnema, was instrumenteel tot hul sukses. Op die kaart word "Kochoquas" aangedui naby "Simon's valley", waarskynlik Franschhoek of Simondium langs die Bergrivier. TANKWA/DANQUAS(?) - Ek dink die naam Dunquas is verafrikaans tot Tankwa, want op die kaart verskyn dit min of meer waar die Tankwa Karoo Nasionale Park vandag is - tussen die Cederberge en die Groot Karoo. Volgens die park is die oorsprong van die woord "Tankwa" onbekend, maar kan dit moontlik verwys na "troebel water", "plek van die San" of "Dorsland". ATTAQUAS - Die Attakwaskloofpas is 'n bekende ossewapad oor die Outeniquaberge wat vandag gebruik word deur 4 x 4 entoesiaste, fiestryers en trailrunners. Die Attakwas MTB challenge staan bekend as SA se "toughest extreme one-day mountain bike race". Op die ou Hollandse kaart word Attaquas aangedui Noord van die Olifantsrivier, maar vandag verskyn die naam in die tuinroete. Click hier vir Country Life se artikel oor die Attakwas ossewapad:
Click op die kaart hieronder om die ou Hollandse kaart te sien. Voel vry om vir ons te skryf as jy meer weet oor hierdie onderwerpe!

Measuring about 50 kilometres in length, Attaquaskloof Pass was in use from 1689 until 1869, after which it was replaced by the shorter and less taxing Robinson’s Pass. In 1842 alone the official number of wagons that used it was 4 280.GAMTOOS/CHAMTOUERS - Die Gamtoosrivier is 'n samevloeiing van die Grootrivier, Kouga- en Baviaanskloofriviere in die Oos-Kaap. Die naam is deur die vroeë Hollanders as "Gamtousch" of "Chamtouers" geskryf maar intussen verafrikaans tot "Gamtoos". Op die kaart word die Chamtouers gemeenskap aangedui Noord van die Houteniqua, min of meer waar die Gamtoosvallei vandag is.