Stellenbosch - did you know? The story of House Lucy II

by 'nDromer | Local News

 

Die storie van Huis Lucy

(scroll down for English)

Ek wens ek het die poëtiese inslag van Hennie Aucamp gehad om geskiedenis so ‘lewendig’ te laat word op die bladsy. Sy kortverhale oor die ou inwoners van Stellenbosch, of eerder ‘sketse’ of ‘literere portrette’, laat mens voel jy is werklik deel hierdie intieme kring mense, asof hulle steeds in hul ou huise rondwandel.

Tant Lucy, een van die karakters waaroor Aucamp skryf, het in Dorpstraat 99 gewoon, ‘n pragtige dubbelverdiepinghuis wat dateer uit ongeveer 1814.

Die wonder van hierdie huis is dat dit in 200 jaar byna niks verander het nie. Aanbouings is gemaak, veral in die agterste werf waar daar destyds ‘n tuin en wingerd gestaan het, maar geen van die ou struktuur is afgebreek nie (altans nie onomkeerbaar nie), en die huis het byna nog presies die voorkoms wat dit in tant Lucy se tyd gehad het.

Soos baie van die ou geboue in Dorpstraat is Huis Lucy (soos dit vandag bekend staan), nie uit bakstene gebou nie, maar uit die kleistene wat die settlaars destyds self gemaak is. Die vensterbanke en deurrame is natuurlike hemelbreed. Die glas is ook oorspronklik, en op die een ruit pryk selfs ‘n graffiti geskrif waar ‘n ou besoeker (waarskynlik ‘n minnaar van een van die loseerders) eendag sy naam uitgekerf het.

Tant Lucy se huis is sedert die oorsprong daarvan reeds ‘n bymekaarkomplek. Toe studente op die dorp toegesak het kort na die stigting  van Victoria College (1881), was daar nog geen amptelike koshuise nie, en moes dorpsinwoners hul wonings in privaat losieshuise omskep. Grosvenor House en die Kerkhuis in Drosdystraat was albei voorbeelde hiervan, sowel as Eikenhof in Pleinstraat. Die hotel D’Oude Werf, wat voorheen as Arcadia bekend gestaan het, was een van die heel eerste losieshuise op die dorp, een spesifiek vir dames.

Soos ek dit verstaan het, het tant Lucy Roux in dieselfde wyse  haarself oor die studente van die Kollege ontferm en hulle in haar huis in Dorpstraat geakkommodeer. Haar seun, Paul,was met  Hennie Aucamp bevriend tydens hul universiteitsjare, en die skrywer het ook later, na vier jaar in die koshuis, ‘n kamer in tant Lucy se huis gehuur.

Inligting oor Lucy Roux se vroeë lewe, sowel as fotos van haar, is ongelukkig skaars (sy is gebore in 1887). Maar Aucamp onthou dat haar huis boekdele gespreek het oor haar as mens.

Plante, vrugte en tuisgebak (veral terte) was drie van die elemente wat hy met deernis van die huis onthou. Bome met suurlemoene, granaatappels, lukwarte en koejawels het in die agtertuin weggekruip, bome wat gesorg het dat daar altyd genoeg ingelegte vrugte en konfyte in tant Lucy se spens was. Aucamp glo sy het vreugde geput uit haar handewerk. Haar speserykoekies en terte was blykbaar ongelooflik, en haar bekwame bakkershande dikwels aangevra wanneer ander inwoners van die dorp koeke of sulks nodig gehad het. Sy was ‘n toonbeeld van ‘n sekere soort ‘Bolandsheid’, vertel Aucamp, iemand wat met gasvryheid en stil beskeidenheid (en ‘n “ryk voorraad ouwêrelse woorde en uitdrukkings”) haar merk op Dorpstraat gelaat het.

 

The story of House Lucy

I wish I had the poetic abilities of Hennie Aucamp to make history come alive on the page. His short stories, or rather ‘sketches’ or ‘literary portraits’ of the citizens of old Stellenbosch makes one feel almost part of their intimate group, as if they are still dwelling in their historic houses.

Aunt Lucy, one of the figures Aucamp writes about, lived in Dorp Street 99, a beautiful double storey house dating from c.1814.

The magic about this house is that it hasn’t changed in more than 200 years. Some rooms were added, especially in the backyard where there used to be a garden and a vineyard, but no changes were made to the original structure (at least not irreversibly). The appearance of the house stayed largely the same than in Aunt Lucy’s time.

Like many of the historic buildings in Dorp Street, House Lucy (as it is known today), is built from the clay bricks that settlers made themselves. The windowsills and door frames are unusually wide, and the glass in the windows are still the original. In the one window, incidentally, a small mark of graffiti reveals where an old visitor (probably a suitor of one of the female tenants) carved out his name.

Since its origin House Lucy has been a place of togetherness. When students flooded to Stellenbosch after the inception of Victoria College (1881), there were still no official residences, and citizens were asked to open their homes as private boarding houses. Grosvenor House and the ‘kerkhuis’ in Drosdy Street are both examples of this, as well as Eikenhof in Plein Street. The hotel D’Oude Werf, perviously known as Arcadia, was one of the very first boarding houses, one especially for ladies.

As I understand it, Aunt Lucy did the same, taking the College students under her wing as tenants in her house. Her son, Paul, and Hennie Aucamp were friends as students, and the author subsequently had a room in Aunt Lucy’s house as well.

Little is known about Lucy Roux’s early life, and pictures are scarce (she was born in 1887). But Hennie Aucamp remembers that her house revealed a lot about her as person.

Plants, fruit and pastries (especially tarts and pies) were three of the elements Aucamp remembers fondly. Trees bearing lemons, pomegranates, lukwarts and guavas were concealed in the back yard, and Aunt Lucy’s larder always packed with canned fruits and jams. Aucamp believes she drew a lot of joy and satisfaction from working with her hands. Her spiced cookies and pastries were apparently amazing, and she became a popular go-to-person when neighbours needed cakes or pies. She was the epitome of a sort of ‘Bolandsheid’, Aucamp remarks. Someone who with hospitality and quiet humility (and with a knack for old-fashioned words and expressions) made her mark on Dorp Street.