Thibaultstraat in Stellenbosch is geleë in Karindal en Mostertsdrift, twee van die ouer woonbuurte in die dorp. Net soos met 'Mankadan straat' is daar 'n interessante storie agter die naam.
So wie was hierdie 'Thibault'?
Ek raai die straat se naam kom van die bekende historiese figuur LOUIS MICHEL THIBAULT (1750 – 1815) wat 'n talentvolle ingenieur en argitek was.
Thibault is gebore min of meer dieselfde tyd as die bekende komponis Wolgang Amadeus Mozart. Hy was een van die min Kapenaars wat in daardie tyd goeie opmetings en ingenieurssketse kon teken en was betrokke by hierdie pragtige kaart van Tafelbaai (1786):
THIBAULT - BELANGRIKE SKRYWER
Sonder Thibault se dagboeke sou baie van die vroeë geskiedenis nooit neergeskryf gewees het nie. Net soos die burgher Adam Tas het Thibault ‘n fyn waarnemingsvermoeë gehad en in sy briewe en memoirs kommentaar gelewer op wat hy rondom hom sien.
Die Kaap van Goeie Hoop het in Thibault se leeftyd 4 keer van regering verander, en Thibault se loopbaan is keer op keer tot 'n stilstand geroep.
Thibault was 'n Fransman. Toe Brittanje in 1795 die Kaap van Goeie Hoop aanval (die slag van Muizenberg) was Thibault aan die kant van die Hollanders (die Britte en Franse was nooit baie mal oor mekaar nie).
Hy het die aanval in detail neergeskryf het: “The country was rising to arms. From everywhere Burghers on horseback or by wagon came in great numbers”. Ten spyte van 'n paar skermutselinge en onderhandelinge moes die Hollanders uiteindelik oorgee.
THIBAULT VERLOOR SY WERK
Toe die Britte die Kaap beset, het Thibault, soos meeste staatsamptenare, sy werk verloor. Baie van die ingenieurswerk in Thibault se tyd is gedryf deur militêre belange. Hy is byvoorbeeld aangestel om magasyne/wapenbatterye ontwerp om kanonne en buskruit te stoor. Daar word vertel dat die ingenieur ‘n goeie sin vir militêre strategie gehad het, baiekeer beter as die militêr self.
Met die Britse besetting is al sy gedetailleerde argiteksplanne oorgegee aan die vyand.
Na die inval moes al die Hollandse, Franse en Duitsers settlaars wat in die Kaap wou bly ‘n eed van lojaliteit sweer (tot die Britse Kroon), maar Thibault wou nie vir die nuwe regering werk nie en het so lank as moontlik onder die radar gebly. Hy het in 'n huis op die hoek van Heerengracht en Houtstraat weggebruik en homself besig gehou met ontwerp, skilderwerk, kuier en briewe skryf.
Thibault het in daardie tyd besluit om sy dorpsplan van die Kaap klaar te maak:
Having been suspended from my post as Engineer by the fact of war, and having no employment, I occupied myself with finishing a general plan of the Cape (vertaal uit Frans).
THIBAULT BEGIN WERK VIR DIE BRITSE REGERING
Thibault kon nie lank wegbruik nie. Sy handtekening op die gekonfiskeerde dokumente het die nuwe regering op sy spoor gesit, en toe hulle uitvind hy is besig met ‘n kaart van die Kaap, het hulle hom as militêre spioen verdink. Uiteindelik moes Thibault ook die eed van lojalteit sweer en ‘n pos by die Britse regering aanvaar. Alhoewel hy nooit sy lojaliteite verander het nie, het hy vir byna ‘n dekade vir die Britse regering gewerk. Hier het hy gehelp om militêre batterye en ander staatgeboue te restoreer en ontwerp.
Toe Napoleon die Britte oorwin in 1802 is die Kaap skielik weer Hollands verklaar (in die verdrag van Amiens). Thibault het in 1803 weer begin werk en is aangestel as inspekteur oor alle staatgesboue. Die kasteel se hospitaal, die ‘Cazerne’. was een van die eerste geboue wat aandag nodig gehad het.
DIE SLAG VAN BLAAUWBERG
Drie jaar later het die Kaap weer van regering verander. Die verdrag van Amiens het verval en die Britse vloot het weereens die Kaap ingeval, hierdie keer by Blouberg (die slag van Blaauwberg). Na die Britse oorwinning is Thibault amper as krygsgevangene weggevoer. Hy het hom tot sy vriende in die staat beroep en kon met spesiale vergunning in die Kaap aanbly.
Thibault vir die volgende 9 jaar nog vele argiteksplanne ontwikkel, bouprojekte adviseur, paaie ontwerp en opnames van die landskap gemaak.
[caption id="attachment_1665" align="aligncenter" width="730"]
Thibault se argiteksplanne vir 'n bakkery (met twee groot oonde) wat nooit gebou is nie. Die datum op die tekening is 1805.[/caption]
THIBAULT IN STELLENBOSCH
Een van Thibault se verantwoordelikhede was om 'n opname te maak van al die staatsgeboue in die Kaap en omliggende dorpies - een hiervan was Stellenbosch. Dis daarom moontlik dat hy af-en-toe op Stellenbosch gekom het nie. Op 'n sekere stadium het die landdros van Stellenbosch vir Thibault ingeroep om die dorp se 1810 dorpskaart te teken. Dit het egter nooit gebeur nie, en die jong landmeter, W.F. Hertzog (toe nog in sy 20's) is aangestel vir die werk.
Daar word geglo dat Thibault die dubbelverdieping by Uitkyk wynlandgoedere (naby klapmuts), ontwerp het.
As jy hou van die geskiedenis van die 1600s en 1700s, lees gerus ons 5 interessante feite uit Adam Tas se dagboek.
#lééfstellenbosch
‘nDromer is ‘n jong Stellenbosser wat graag skryf oor die alledaagse dinge wat mens miskyk. Sy hou van stowwerige boeke en spinnerakhuise en om te sien hoe die verlede nie altyd is wat jy dink of verwag nie. Sy skryf sedert 2015 elke week iets oor Stellenbosch, sy erfenis en sy mense.
Artikel: Y Coetsee 2017
Bronne: (book) Huguette Roy de Puyfontaine (1972), Louis Michel Thibault 1750 - 1819 His offical life at the Cape of Good Hope
http://samilitaryhistory.org/vol134ws.html
https://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Blaauwberg
https://www.uitkyk.co.za/the-manor-house/
https://en.wikipedia.org/wiki/Invasion_of_the_Cape_Colony_(1795)
https://collection.nam.ac.uk/detail.php?acc=1971-02-33-99-1